Oorweeg u immigrasie na Australië?
Beroepe
Ambagte
Visums vir sakemanne
Studeer in Australië
Familie in Australië
Ons dienste
Visumaansoeke
Kommersiele dienste
Belastingadvies
Meer as 100,000 permanente verblyf visums word tans jaarliks toegeken, onder andere aan persone in sekere beroepe en ambagte in aanvraag in Australië, asook aan persone wat besighede bedryf (of ten minste ‘n 10% belang hou in ‘n kwalifiserende besigheid).
Talle visums vir tydelike verblyf word ook jaarliks toegestaan – indien u een van hierdie visums hou kan u dalk later aansoek doen vir permanente verblyf in Australië Tydelike verblyf visums word onder andere toegestaan aan persone vir tydelike werk in Australië (mits hulle aansoek deur ‘n Australiese werkgewer ondersteun word), studente, en sakemanne wat ‘n besigheid wil begin in Australië.
Die bedrag wat mens uit SA kan neem met immigrasie word jaarliks verhoog. en kan aangevul word met die reistoelaag - u sal waarskynlik vind dat dit bedrag wat mens kan uitneem meer as genoeg is om 'n hele familie te vestig is in Australië.
Miskien is dit nou tyd om u toekoms in Australië verder te ondersoek, hetsy op die basis van ‘n tydelike visum wat u en u familie die kans sal gee om te sien en beleef voordat u ‘n finale besluit neem, of indien u alreeds besluit het, ‘n permanente visum wat u en u familie sal toelaat om ‘n nuwe begin te maak, in ‘n land met unieke geleenthede, ‘n hoe lewenstandaard en wereldklas skole en universiteite.
Daar is tans ‘n groot behoefte aan sekere beroepe en ambagte in Australië.
Beroepe in aanvraag sluit in senior bestuurslui, rekenmeesters, prokureurs, advokate, ingenieurs in alle disiplines, tandartse, dieetkundiges, vertalers, joernaliste, verpleegsters, sielkundiges, radiografiste, onderwysers op alle vlakke, veeartse, ens.
Indien u of u egenoot/te (die aansoeker) in een van hierdie beroepe gekwalifiseer het, en onlangse werksondervinding in die beroep of ‘n verwante beroep opgedoen het, en die aansoeker is jonger as 45, kan u moontlik kwalifiseer vir onafhanklike migrasie. U moet die punte-toets slaag. Indien u ‘n familielid in Australië het, wat bereid is om u aansoek te borg is die puntetoets slaagsyfer aansienlik laer.
Indien u ouer is as 45, kan u nie aansoek doen vir onafhanklike immigrasie nie – u sal ‘n werksaanbod moet kry van ‘n Australiese firma (of ‘n oorsese firma wat van plan is om besigheid te doen in Australië) en u werkgewer sal moet toon dat daar uitsonderlike omstandighede bestaan (bv u is baie senior in u beroep, of beskik oor spesialiteits vermoens) wat u aanstelling regverdig.
Dit is ‘n mite dat slegs persone met universiteitsgrade kwalifiseer om te immigreer na Australië. Indien u ‘n ambag beoefen en oor die vereiste kwalifikasies beskik en onlangse werksondervinding in u aambag opgedoen het, kan u moontlik kwalifiseer vir immigrasie.
Ambagte in aanvraag sluit in elektrisiens, haarkappers, motorwerktuigkundiges, vliegtuig onderhouds ingenieurs, loodgieters, verskeie persone in die vervaardigingsindustrie (bv meubels, motors, juweliersware, skoene en klere, ens).
Dieselfde ouderdomsbeperkings geld ten opsigte van ambagslui – as u egter ‘n eie besigheid bedryf (bv ‘n loodgieter), kan u dalk aansoek doen vir ‘n besigheidsvisum, waar die ouderdomsbeperking 55 is (mits ‘n staat u aansoek ondersteun). Selfs die 55 ouderdomsperk kan in sekere gevalle oorkom word.
Vanaf 1 Maart 2003 is die reels vir tydelike verblyf visums vir persone wat of hulle eie besigheid bedryf, of ‘n senior bestuurspos bekleë aangepas, met die doel om meer mense te lok in die algemeen asook na sekere dele van die land.
Indien u ‘n tydelike verblyf visum hou, kan u aansoek doen vir omskakeling na ‘n permanente verblyf visum, indien u of ‘n besigheid begin in Australië of betrokke raak in ‘n bestaande besigheid (met ten minste ‘n 10% eienaarskapbelang) en die besigheid bereik sekere doelwitte wat betref omset, ens. Die doelwitte is aansienlik laer waar ‘n staatsowerheid u aanvankilke aansoek ondersteun het.
Alhoewel die vereistes ten opsigte van bestaande besigheidsbelange aangepas is, moet enige aansoek vir ‘n besigheids visum goed deurdag wees, en moet bewys dat u ernstige planne het om besigheid in Australië te begin. U sal waarskynlik ‘n besigheidsplan moet opstel, marknavorsing doen, en die nodige stappe neem om waar nodig, staatsondersteuning vir u aansoek te bekom. ‘n Alternatief is om ‘n belang in ‘n bestaande besigheid in Australië te koop.
Duisende mense van regoor die wêreld studeer in Australië op studie visums wat tydelike verblyf vir die duur van die kursus toestaan.
Indien u egter die regte kursus kies (wat u ‘n kwalifikasie gee in ‘n gesogte beroep of ambag) en aan sekere vereistes voldoen, kan u aansoek doen vir permanente verblyf binne 6 maande nadat u ‘n Australiese kwalifikasie verwerf het.
Indien u reeds familie in Australië het, kan u aansoek dalk vergemaklik word. Familielede kan byvoorbeeld u borg indien u ‘n beroep of ambag beoefen wat dit makliker maak om die puntetoets te slaag.
Daar is ook visums beskikbaar vir ouersvan kinders met permanente verblyfsreg (of burgerskap) in Australië. ‘n Voorwaarde van hierdie visums is die vooruitbetaling van ‘n (aansienlike) geldelike bydrae aan die staat ten opsigte van toekomstige mediese onkostes vir die ouerpaar.
Ons firma
Migration to Australia is ‘n afdeling van Enslin and Associates, ‘n prokereursfirma geleë in die sentrale sakegebied van Melbourne, Victoria.
Die vennote is toegelaat as prokureurs aanvanklik in Suid Afrika in 1993, en in Australië in 1999, en beskik oor die nodige kwalifikasies en ondervinding om u migrasie na Australië te vergemaklik.
Ons bied professionele dienste sowel as persoonlike ondersteuning gepaard met ‘n begrip van die unieke omstandighede van Suid-Afrikaanse migrante.
Vennote
Celeste Enslin
B Com (Rek) Pretoria, B Proc, LLB (SA), H Dip Belasting (Wits),
Meestersgraad in Australiese Belastingreg (Melbourne)
Toegelaat as prokureur van die Hooggeregshof van Suid Afrika in 1993
Toegelaat as advokaat en prokureur van die Hooggeregshof in Victoria, Australië in 1999.
Geregistreerde immigrasie agent MARN 0317464
Professionele lidmaatskappe
Fellow of the Taxation Institute of Australia (FTIA)
Migration Institute of Australia
Law Institute of Victoria
National Institute of Accountants (PNA)
Voorheen vennoot by Enslin & Genote, Rivonia (1993 – 1998)
Tans vennoot by Enslin and Associates, Melbourne
Immigrasie dienste vir sakelui, professionele persone, gegradueerdes, aambagsmanne, familielede.
Henry Enslin
BA Regte (Stellenbosch), LLB en Hoër Diploma in Belasting (Wits) LLM (Boedelreg) (Potch),
Meestersgraad in Australiese Belastingreg – (Melbourne)
Toegelaat as prokureur van die Hooggeregshof van Suid Afrika in 1993
Toegelaat as advokaat en prokureur van die Hooggeregshof in Victoria, Australië in 1999.
Professionele lidmaatskappe
Fellow of the Taxation Institute of Australia
Law Institute of Victoria
Voorheen vennoot by Enslin & Genote, Prokureurs, Rivonia, Gauteng (1993 – 1998)
Tans vennoot by Enslin and Associates, Melbourne
Spesialiseer in belastingbeplanning vir immigrante.
Visum aansoeke
Ons bied ‘n omvattende en volledige immigrasiediens aan. Die elemente van die diens sal wissel na gelang van u persoonlike omstandighede en behoeftes, asook die visum waarvoor u aansoek doen.
Byvoorbeeld, indien u ‘n beroep of ambag beoefen sal ons u kan bystaan met die evaluering van u kwalifikasies, wat u visum aansoek moet voorafgaan.
Indien u aansoek doen vir ‘n besigheids visum, kan ons u bystaan met die opstel van u besigheidsplan, voorbereiding van ‘n aansoek vir staatsondersteuning, asook alle aspekte van die voorbereiding van u visum aansoek, insluitende ‘n volledige regsmening wat toon dat u al die vereistes van u betrokke visumklas voldoen.
Ons stel op ‘n volledige regsmening ter ondersteuning van, en as deel van u aansoek – die doel van so ‘n regsmening is om op ‘n sistematiese wyse aan die amptenaar wat aan u saak toegewys is te toon dat u aan al die regsvereistes van u betrokke visumklas voldoen.
Let wel dat ons geen waarborg kan of mag gee dat enige besondere visum aansoek sal slaag.
Ons beleid is om net kliente te neem wat ons van mening is vir die betrokke visumklas kwalifiseer. Gesondheid en karaktervereistes moet egter ook nagekom word deur elke familielid wat immigreer.
Indien u ‘n navraag het of bystand wil he met u aansoek KONTAK ons vir meer inligting.
Kommersiele dienste
Ons doel is nie net om u by te staan met u visum aansoek nie, maar ook nadat u in Australië aangekom het. Daarom kan u verseker wees van professionele diens en toeganklikheid ten alle tye.
Ons bied die volgende dienste aan deur Enslin and Associates of, waar toepaslik, ons netwerk van professionele adviseurs (rekenmeesters, finansiele beplanners, eiendomsagente, ens):
-
Kommersiele kontrakte (bv koop van besigheid, huur van huis of sakeperseel);
-
Testamente en boedelbeplanning;
-
Waardasies van sakeondernemings;
-
Vaste eiendom
Belastingadvies
Albei vennote het nagraadse kwalifikasies in belastingreg in Suid-Afrika en Australië en bly op hoogte met ontwikkelings in beide lande se belastingstelsels.
Enige voornemede immigrant behoort vas te stel wat die belastinggevolge gaan wees as hy of sy die land verlaat. Nuwe ontwikkelinge wat ‘n rol kan speel in u besluit om te immigreer sluit in:
-
Die instelling van belasting op kapitale winste in Suid-Afrika (bv immigrante word geag om hulle Suid-Afrikaanse bates te verkoop het as hulle permanent die land verlaat);
-
Die 2003 dubbel belasting ooreenkoms tussen Suid-Afrika en Australië – slaag dit altyd om u te beskerm teen dubbele belasting of is daar slaggate waarvan u moet weet?
-
Die Australiese belastingimplikasies van die voor-immigrasie belasting-beplanning – is die oordra van bates aan buitelandse trusts effektief van ‘n Australiese oogpunt?
-
Wanneer word u onderworpe aan belasting in Australië ?
-
Wat is onderworpe aan belasting in Australië – slegs jou inkomste uit dienste, of jou wereldwye inkomste?
Daar is talle ander belastingoorwegings – indien u meer wil weet KONTAK ons vir meer inligting.
|